160 neem deel aan SA vroue-veterane rolbaltoernooi hier

Die 2023 Rolbal SA Vroue-veterane Interdistrikstoernooi het Maandag by die Oudtshoorn Rolbalbaan afgeskop. 160 spelers van 20 distrikte regoor die land sal heel week op Oudts-hoorn meeding, met die finale rondte wat Vrydag (môre) plaasvind. Volgens Jenny Sinclair, sameroeper van die toernooi en president van die George Rolbalklub, is al die spelers bo die ouderdom van 60 en is die oudtse speler teenwoordig 81 jaar oud. Buiten die spelers is daar ook ondersteuners en spanbestuurders teenwoordig. Volgens Sinclair speel die vroue om en by ses ure per dag met ’n etenstyd tussen wedstryde. Hierdie wedstryde kan tot drie ure lank duur. Foto: Stefan Skapie Goosen