“Battle of the Karoo” bring skopboksers na Oudtshoorn
Saterdag (4 Maart) het Grebe’s Skopboksklub, gebaseer op Oudtshoorn, hul jaarlikse interklub-skopbokskampionskap, die “Battle of the Karoo’, by die De Jager Sportkompleks in Voortrekkerweg hier in Oudtshoorn aangebied. Al die klubs vanuit Eden, en ook klubs van die OP en Kaapstad, het hier kom deelneem. Daar was ongeveer 135 inskrywings. Dit was volgens Ranger Grebe, afrigter, ’n uitstekende naweek waar die sport weer begin het om tot sy volle potensiaal te kan funksioneer om platforms van deelname vir kinders te skep. Die volgende toernooi is die Wes-Kaap Skopbokskampionskap op 24 Maart te Hermanus. Foto verskaf