Wenners van die gholftoernooi wat deel vorm van die Oudtshoorn Munisipaliteit se sportfees
Die Gholftoernooi wat deel is van die Oudtshoorn Munisipaliteit se sportfees is Woensdag, 28 Junie by die Oudtshoorn Gholfbaan aangebied. Spelers vanuit George was ook teenwoor-dig. Die eerste plek is gewen deur Pieter en Skillie Pretorius met 46 punte. Op die foto van links is Pieter, Jurie Neethling (klubkaptein), Skillie en die burgermeester, Chris Macpherson, wat die pryse uitgedeel het. Foto: Lindi Brill