Netbalaksie in Oudtshoorn

Die Dreamers meet kragte teen die Magic Roses tydens die Oudtshoorn Sport Festival. Foto: Lindi Brill

DIE Netbalwedstryde wat deel is van die Oudtshoorn Sport Festival vind vanaf 3 – 7 Julie by die Bridgeton Sportgronde plaas. Die spanne bestaan uit gemengde spanne wat by die vlakkie netbal betrokke is. Zelda September, die span-bestuurder van die Dreamers, het aan Die Hoorn gesê dat daar na afloop van die vakansie proewe gespeel gaan word.

Die span vir die Oudtshoorn Netbalklub gaan dan uit daardie spelers gekies word.

Daar neem altesaam 10 spanne aan die toernooi deel.

Die finale wedstryd vir die uitspeel vir eerste en tweede plek sal Vrydag, 7 Julie by die Bridgeton Sportgronde se netbalbane plaasvind. (Deur Lindi Brill)