• Aangebied deur Oudtshoorn Vaardigheidskool •
Tel op die tou, aan die tou, gereed en trek! Dit was die krete Saterdag op die sportvelde van die Oudtshoorn Vaardigheidskool waar 160 spanne dit uitgespook het in verskillende afdelings van die Timbercity Eden Toutrekbyeenkoms.
Die groei van toutrek as sport is opmerklik en was duidelik sigbaar in die duisende toeskouers en oor die 600 atlete wat deelgeneem het. (Foto’s: Stefan Skapie Goosen)


160 spanne – seuns, meisies en gemeng – van regoor SWD het Saterdag aan die toutrekbyeenkoms kom deelneem, daar was 600 atlete.

By die byeenkoms was van links Lihan Potgieter, Timbercity stoorman; Gavin Block, prinsipaal van die Oudtshoorn Vaardig-heidskool; Louis Willeman, “beramer’’ by Timbercity en Barries Barnard, vise-president van SA Toutrek.


Ondersteuners was volop en het die dag terdeë geniet.

Die sogenaamde kaalvoet-spanne het vir net soveel opwinding gesorg. Hier is Laurus se span aan die trek. Die spanne van Laesrkool Buffeljagsrivier en Suurbraak primêr het weer sterk vertoon.


Die 600 kg-span van die Oakdake Landbouskool het hul afdeling gewen, met hul 440 kg- en 480 kg-spanne wat hul afdeling oorheers het.
