• Aangebied deur Klein-Karoo Atletiekfonds •
72 spanne het vanjaar deelgeneem aan die Timbercity Klein Karoo Sake-aflos, aangebied deur die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF) en Jakhals Events.
Dit was ’n heerlike warm, someraand en ’n wonderlike gemoedelike atmosfeer het onder die deelnemers geheers. Selfs spanne van Knysna en George het oorgery om te kom deelneem. “Dankie vir almal se deelname, dit was so lekker om te sien hoe skole, die privaat en publieke sektor of sommer net vriende, spanne ingeskryf het.” – Hans van der Veen, Voorsitter: Klein Karoo Atletiekfonds. Foto’s: Hans van der Veen

Die wegspring van die Klein Karoo Sake-aflos het hierdie jaar in Baron van Reedestraat, oorkant die Queen’s Hotel plaasgevind.

Dit was ’n dag vir beide oud en jonk om hulself te geniet.




Die Langenhoven Gimnasium-span was nie net die wenners van die hoërskole-afdeling nie, maar hulle was die heel eerste span algeheel wat die sake-aflos voltooi het, selfs voor die ope-spanne.

Die Hoërskool Knysna het 18 personeellede ingeskryf vir die sake-aflos.

Spangees was aan die orde van die dag en was oral merkbaar.