Reënboog na die reën. Hierdie foto is Sondagmiddag net buite Oudtshoorn op Shaddowlands geneem, deur Anton Roetz, eienaar van Shaddowlands op die Rooiheuwelpad. Die dubbel reënboog se buitelyne is net net sigbaar. Volgens Wikipedia is ’n reënboog ’n boog van gekleurde lig wat ontstaan wanneer die son teen ’n waterdruppel skyn en die wit lig dan deur middel van ligbreking in die volledige kleurspektrum opgebreek word. Die middelpunt van die reënboog staan reg teenoor die son en die boog het ’n straal van ongeveer 42°. Die kleure van die reënboog is, van buite na binne, rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet. Foto: Anton Roetz