Suveena en Dionielle neem deel aan die SA Baanfietskampioenskappe

Van links is Suveena Arries (17) en Dionielle Ewerts (12) - albei lede van die Bridgton Ont-wikkelingsfietsryklub - wie tydens die onlangse skoolvakansie aan die SA Baanfiets- kampioenskappe by die Velodrome in Bell-ville, Kaapstad, gaan deelneem het. Suveena het ’n goue medalje gewen as lid van die o.19 Eden meisiespan, en Dionielle het as lid van die o.15 Eden seunsspan ’n silwer medalje gewen, albei vir die Span Uithou-wedren. Die klub word vir die afgelope sewe jaar deur Daclon en Lee Aries bestuur. Kinders van alle skole, tussen die ouderdom van 5 en 19 jaar-oud, is welkom. Belangstellendes kan Lee Aries kontak by 078 762 9525. (Foto verskaf)