Bridgton Rugbyklub maak skoonskip

Bridgton Rugbyklub se A- (bo en onder in aksie), B- en C-spanne het Saterdag (23 April) almal hul wedstryde teen die Jaguars van Knysna gewen op die Bridgton Sportgronde, bekend as die Plate. Die A-span het 43-20 gewen, die B-span 67-13, en die C-span 45-0. Die klub hoop om eerskomende Saterdag (30 April) hierdie wenmaniere voort te sit wanneer hulle met Progress Rugbyklub in George sal kragte meet. Foto’s: Ebenezer Titus