Die Bridgton Sportgronde, bekend as die Plate, het rugbyliefhebbers van die Oudtshoorn-gemeenskap op die rand van hul stoele gehou Saterdag (25 Junie) met naelbyt Superliga-wedstryde tussen die A- en B-spanne van Collegians Rugbyklub (blou truie) van Oudtshoorn en Silver Stars van George. Die wedstryd tussen die A-spanne (regs) het teen halftyd op 6-0 in Silver Stars se guns gestaan, maar teen die eindfluitjie het Collegians se deursettingsvermoë vrug gedra en hulle het 15-12 seevier. Die B-spanne het bewys dat hulle net soveel woema as die A-spanne het. In hul wedstryd het Collegians teen halftyd nul punte teenoor Silver Stars se sewe gehad. Die tweede helfte was propvol opwinding, maar teen die einde het Collegians 14-16 verloor. Foto’s: Ebenezer Titus