Veerpyltjieklub hou toernooi tydens Sportfees

Saam met manswenner Stephan Swanepoel (heel regs) en ‘Sportman van die Dag’ William Kleyn (naasregs) is, van links, Carol Swanepoel (wedstrydsekretaris), Ian Laubscher (munisipale sportontwikkelingsbeampte) en Willem Toua (Oudtshoorn Veerpyltjieklub voorsitter).

Die top-drie vroue van die dag was van links Jessica Lenaers (derde), Jené Snyman (tweede) en Cecerah Toua (eerste). (Foto’s verskaf)

DIE Oudtshoorn Veerpyltjieklub het Saterdag (25 Junie) gasheer gespeel vir die Oudtshoorn Sportfees Inter-Distrikte Ope Veerpyltjie Ontwikkelingstoernooi, en het spelers van hier, George en Calitzdorp na die Oudtshoorn Skougronde gelok.

Na ’n volle dag se spel is ’n mans-, vroue- en juniorkampioen aangewys. Volle uitslae soos volg:
Juniors – GC Liebenberg (eerste), Franco Meyer (tweede) en Daniel Anker (derde).

Vroue – Cecerah Toua (eerste), Jené Snyman (tweede) en Jessica Lenaers (derde).

Mans – Stephan Swanepoel (eerste), Devan Roos (tweede) en Donovin John (derde).

’n ‘Sportman van die Dag’ is ook aangewys, met William Kleyn wat die trofee ontvang het.