DAAR is hoop dat die Eden Straatmylreeks weer in Desember vanjaar kan plaasvind nadat die borge – die Vrystaat Universiteit en die Noordwes Universiteit – beide bevestig het dat hulle weer die geleentheid sal borg.
Die reeks sal slegs kan plaasvind indien Suid-Afrika se inperkingsmaatreëls in daardie stadium afgebring is na vlak 1, aangesien sportbyeenkomste eers dan aangebied kan word.
Die Klein Karoo Atletiekfonds het op 27 Mei tydens ’n virtuele Algemene Jaarvergadering voorlopig besluit om die reeks in die kort Desembervakansie net voor Kersfees aan te bied, met die datums 19 Desember – Vrystaat Universiteit Klein Karoo Straatmyl (Oudtshoorn), 21 Desember – Noordwes Universiteit Baanmyle (Oudtshoorn) en 23 Desember – Hartenbos ATKV Straatmyl (Hartenbos).
’n Finale besluit oor die reeks sal teen September geneem word. (Deur Liesel le Roux)