Sifting en toetsing in gemeenskappe: 14 356 in Oudtshoorn, 3 039 in Kannaland besoek

GEMEENSKAPSGESONDHEIDSWERKERS het teen 28 Mei reeds 92 441 mense in die Tuinroete Distrik besoek en 486 van hulle vir Covid-19-toetsing verwys.

Tussen 6 April en 28 Mei is 14 365 mense in die Groter Oudtshoorn besoek en 10 vir toetsing verwys terwyl 3 039 in Kannaland besoek en en 5 vir toetsing verwys is.

In die ander munisipaliteite in die streek was die syfers: Bitou (18 634 besoek met 45 verwys), George (16 769 besoek met 98 verwys), Mosselbaai (15 081 besoek met 177 verwys), Hessequa (18 934 besoek met 131 verwys) en Knysna (5 619 besoek met 20 verwys).

Sifting en toetsing vind vandeesweek weer daagliks plaas in De Rust, Oudtshoorn, Dysselsdorp, Heidelberg, Pacaltsdorp, Alma en Sedgefield.

Die distriksbestuurder, Zee Brickles, sê die gesondheidswerkers is van die kesbaarste mense op grond van hul werk. “Ons wil die gesondheid­spanne bedank vir goeie werk onder uitdagende toestande. Ons wil ook die gemeenskap bedank vir hul samewerking. Die steun van die gemeenskap is noodsaaklik om die virus te stop.” (Deur Liesel le Roux)