Twee ton teer vir slaggate in Buitekantstraat

Foto: Facebook.

AfriForum se Eden-buurtspan het van 18 tot 20 November twee ton teer gebruik om verskeie slaggate in Buitekantstraat op Oudtshoorn te herstel. Die werk is op die gedeelte tussen Hofstraat en Tuinstraat gedoen.

Een van die slaggate wat herstel is, was by die kruising van Buitekantstraat en Tuinstraat, waar die NG Kerk Wes geleë is. Dié slaggat is verskeie kere aangemeld en was reeds ’n geruime tyd ’n bron van kommer vir lidmate.

Slaggate is ook van die kwessies wat inwoners in Die Hoorn se berig ná die plaaslike verkiesing geopper het. Een inwoner het die slaggate op pad werk toe genoem toe daar gevra is wat inwoners ná die verkiesing wil sien verander.

AfriForum hou ’n register van slaggate wat inwoners aanmeld.

Die organisasie gee voorkeur aan herstelwerk in gebiede wat vir die betrokke boekjaar buite die munisipaliteit se herstelplan val.

AfriForum se Oudtshoorn-tak moedig inwoners aan om soortgelyke projekte deur lidmaatskap of ’n eenmalige skenking te ondersteun.

Be the first to comment on "Twee ton teer vir slaggate in Buitekantstraat"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*