Stof, metanol en die gedreun van enjins op Oudtshoorn se RedRock Raceway

Die RedRock Raceway, op Oudtshoorn het die naweek vir groot opwinding gesorg, met renjaers wat gejaag het dat die stof staan. Daar was ook ’n hele klomp naelbyt-oomblikke, met motors wat met die muur kennis gemaak het en sommige wat in die rondte getol het. Daar was ook die “Heavy Metals” Nasionale Finaal (foto) wat plaasgevind het, waar 12 motors teen mekaar meegeding het. André Keller is as die SA Kampioen gekroon. Keller bly in Mosselbaai, maar is lid van Oudtshoorn Motorklub. Leno Muller is SA2, ook van Oudtshoorn Motorklub en Willain Steyn SA3, van die George Motorklub. Die wenner is bepaal oor drie wedrenne wat op George, Gqeberha en Oudtshoorn plaasgevind en elke wedren vir punte getel het. Die wenner van die wedren op Oudtshoorn was Nian du Toit van Worcester gewees. Foto: Angelique Erasmus