Jaarlikse Toyrun op Oudtshoorn

Die SWD Motor Cycle Assosiation het as deel van hul jaarlikse Toy Run ’n klomp kinderharte in en om Oudtshoorn blygemaak. Sowat 45 klubs vanaf regoor die Suidwestelike Distrik, Plettenbergbaai tot Swellendam, en vanaf Beaufort-Wes tot Montagu het na Oudtshoorn gekom om speelgoed, en ook kontantdonasies aan De Villiers Primêr, sowel as plaasskole in die omgewing af te gee. Hierdie Toy Run vind elke jaar regoor Suid-Afrika plaas, met Oudtshoorn wat vanjaar gekies is vir die skenkings. Bo, van links staan Rethan Booysen (Olympians), Granville Josephs (Olympians), Jaryd Josephs (Olympians), Vicky Rensburg (Olympians), Wian Pieterse (Warlocks), David Herring (Warlocks) en Graham Harold (Hawks). Afwesig is Ettienne Jordaan (Wranglers). Kyk gerus op Die Hoorn se Facebook-blad vir ’n video van al die indrukwekkende motorfietse wat te sien was. Foto’s: Angelique Erasmus