ACVV Tuishuis vier Kersfees vroeg
Die inwoners en personeel van die ACVV Tuishuis op Oudtshoorn het Vrydag (25 November) vroeg Kersfees gevier met sang en die uitruil van geskenke, alles deur die inwoners-komitee gereël. Fransie van Antwerpen het gesorg vir vrugte, en Hein Lategan vir roomys, want wat is Kersfees sonder vrugteslaai-en-roomys? Die inwoners was dit eens dat dit ’n baie lekker, aangename middag was. Foto: Stefan Skapie Goosen