Rotariër-gholfdag ’n groot sukses

Saterdag se hoogs suksesvolle Rotariërgholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub is gewen deur Theo Swart (naaslinks) en André Plaatjies (naasregs). By hulle is van links Johan Smit, president van die Oudtshoorn Rotariërklub, André van Greunen en Abrie Ferreira, albei Rotariërs wat saam met Philip Goets (inlas) die gholfdag georganiseer het, en Jurie Neethling, klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub. Net ná die prysuitdeling die aand is ’n veiling gehou wat deur Ferreira behartig is en wat die inkomste van die gholfdag ’n stewige hupstoot gegee het. Die inkomste van die gholfdag word aangewend vir diensprojekte tot voordeel van die gemeenskap van die Groter Oudtshoorn. Foto’s: Schalk le Roux