Oudtshoorniete, oud en jonk, pak Double Century-fietsren aan

Die Oudtshoorn #Bv12MixedEmotions-span is agter van links Daniël Evrard, Henties de Villiers, Danie Maree, Dave Hobson, Jorrie Jordan, Pierre Terblanché, Wynand Mulder, Esmari Mulder en Errol Pretorius. Voor van links is Hans van der Veen, Chantel de Villiers en Peter Liebenberg. Hierdie span het die Old Mutual Double Century-fietsren suksesvol in 8 uur 31 minute voltooi. Wynand Mulder, spankaptein, het ’n groep plaaslike bergfietsryers met Oudts-hoorn-verbintenisse genooi om die gewilde 202 km-fietsren - ’n sirkelroete om Swellendam - op bergfietse aan te pak. Die span is gekenmerk deur verskille tussen spanmaats - die jongste (Chantel de Villiers) en oudste (Oupa alias Oom Biltong Errol Pretorius) verskil met 40 jaar en die verskil tussen die ligste en swaarste ryer meer as 90 kg. Baie het mekaar Saterdag-oggend by die wegspring vir die eerste keer ontmoet, maar die Oudtshoorn-verbintenis en gedeelde doel van saam te eindig het almal tot by die einde gedra. Foto verskaf