DIE dag waarvoor ovaalbaangeesdriftiges van regoor Suid-Afrika vir byna twee jaar al wag, het Saterdag (9 Oktober) uiteindelik op Oudtshoorn se Redrock Raceway afgespeel, met die Richard Griessen Repairs Klein Karoo Kampioenskappe.
Weens Covid-regulasies kon 2020 se weergawe nie plaasvind nie, maar te danke aan verslapte maatreëls kon sogenaamde petrolkoppe van wyd en syd hul enjins weer laat brul, en geesdriftiges se bloed met opwinding laat borrel.
Uitslae per klas, top-drie van eerste tot derde:
• V8 – Manfred Oehl, Pieta Victor, Corné van Niekerk
• Stockrod – Damien Ellis, Jason Drake, Petrus Ferreira
• Pink Diva 2.1 – Carla Naude, Kelly Dowling, Amy Storm
• Pink Diva 1660 Pinkrod – Charné Schuin, Bianca Westraadt, Vicki Meyer
• Pink Diva 1600 Pinkstock – Clarizka Havenga, Ena Visagie, Chanté Elford
• A-Midgets – Schalk Swart, DeWet Britz, Francois Botes
• B-Midgets – Ruan Slabber, André Lotze
• V8 Sprint – Kenny Gouws, Graham Parkins, Daleen Gouws
• Hotrods – Shawn Collins, Thaart Slater, Donovan McDonald
• Junior Hotrods – Henrico van der Merwe, Ehrard Visagie, Zanco Els
• 2.1 Modified – Henties de Villiers, André Fouché, Daniel Renison
• Heavy Metals – Francois Smit, Kerwyn Muller, André Keller
• SWD-ontwikkeling – Cornel Nortje, Shaun Rheeder, Christo Beneke
• Junior-ontwikkeling Mini’s – Grant van der Westhuizen, Jeffrey Fouché, Divan Meyer
• 1660 Hooligans – Burger van der Westhuizen, Jethro Schwartz, Francois Engelbrecht (Deur Stefan Skapie Goosen)
Stof en petroldampe by RGR Klein Karoo Kampioenskappe
Bo en onder: aksie by Saterdag se Richard Griessen Klein Karoo Kampioenskappe op Oudtshoorn se Redrock Raceway. Foto’s: Stefan Skapie Goosen