Sokker-ontwikkeling op dreef in Oudtshoorn

Die Eden Sokkerakademie (Eden Football Academy) se strewe daarna om sokker onder Oudtshoorn se kinders te bevorder en ontwikkel is ten volle op dreef. Daar was Saterdag (4 Junie) o.9-, o.11-, o.13- en o.15-wedstryde op die St Johnstraat sport-velde gespeel. Wat hierdie mini-toernooie - wat byna elke naweek gespeel word - so uniek maak is dat kinders van regoor Oudts-hoorn welkom is om te speel, maak nie saak uit watter gemeenskap of skool hulle afkomstig is nie. (Foto’s verskaf)