LOURENS OLIVIER van die Springfield Runners Group was Saterdag se wenner van die 334ste Oudtshoorn Parkrun by Surval met ’n tyd van 28 minute 12 sekondes.
Albertus Kennedy was tweede (29:14) en Frans Joubert (32:21) derde van die slegs tien deelnemers wat die gure weer trotseer het.
Vir Charlene Joubert (foto bo), was dit ’n besondere dag. Sy het met haar tweede deelname op Oudts-hoorn haar 222ste parkrun voltooi op die 22ste dag van April. Sy was vierde en wenner van die vroue (33:42). Hierna het gevolg Hannelie Coetzee (35:52), Henry Carstens (37:30), Melanie Bezuidenhoudt (47:56), Jacobus Barnardt (1:00”15) en Christana van Jaarsveldt (1:05:54). (Deur Garnett Wicomb)
Slegs tien by Parkrun 334
Charlene Joubert