
Anso Nel (regs) is weens haar prestasies oor die afgelope 12 maande gekies vir die SA perdeuithouritspan wat aan die 2023 South African International Challenge (SAIC) sal gaan deelneem tussen 23 en 27 Mei. Hierdie uithourit sal op Louvain sowat 50 km buite Oudtshoorn plaasvind en Nel sal aan die 120 km Standaardgewig-katagorie deelneem. Sy het tydens die 2022 SAIC by Sondella Bela-Bela dieselfde katagorie gewen. ’n Handvol Oudtshoorniete het Saterdag (22 April) aan die gewilde Willowmore Perde-uithourit gaan deelneem met almal wat aan die 80 km-uithourit deelgeneem het. Hulle was Fanus Cilliers op sy perd Welgeval Diego, Lizel de Waal op Stenco Baska, Lindi Brill (bo regs) op Delmar Sayad, 12-jarige Lea Muller (bo links) op Rafara en Piet Wannenburg op Kanna Casino. Foto’s: Johanette Photography