Rolbal pare-kampioene gekroon

Die Oudtshoorn Rolbalklub het die naweek, 15 en 16 Oktober, hul jaarlikse ope parekompetisie gehou, geborg deur die Oudtshoorn Munisipaliteit. Hier is die wenners, van links, Frikkie Pretorius en Billy Radloff saam met klubpresident Jan van Niekerk en organiseerder Gertjie Bekker. Volgens Gerhardus Delport, klubtesourier, het die toernooi groot belangstelling gelok met 56 spanne wat ingeskryf het. Delport sê al vier van die klub se bane was heeltemal vol, met spanne van so ver as die Kaap - insluitent 15 spanne van Mowbray - en Noord-Kaap wat hier kom speel het. (Foto verskaf)