Gimmies oorheers Parkrun 258

Saterdag se wenner, Tyron-Lee Andries (regs) saam met William van Tonder wat tweede geëindig het. Foto: Garnett Wicomb

Tyron-Lee Andries, ’n leerder aan Langenhoven Gimnasium, was Saterdag se wenner van die 258ste Oudtshoorn Parkrun by Surval met ’n blitstyd van 17 minute 28 sekondes.

William van Tonder en Eugene Marais, ook van Gimmies, was onderskeidelik tweede en derde met hul tye van 19:45 en 25:37.

Tarren Jullies was die vinnigste van die vroue en algeheel vierde met haar tyd van 25:46.

Altesam 26 drawwers, onder wie ’n groep landloopatlete van Langenhoven Gimnasium, het die dag deelgeneem.
Die res van die tye was: Conrad Jullies (27:51), Albertus Kennedy (27:53), Henry Carstens (28:09), Richter Scholtz (29:54), Nicole Louw (30:04), Nigel Grey (32:09), Muller Scholtz (34:01), Guiliana Kuilder (34:31), Varl Kraemer, (37:29) Irma Scholtz, (37:37), Peter Szeili (37:43) en Helena Ackerman (39:18).

• Oudtshoorn Parkrun word elke Sater- dagoggend by Surval aangebied en deelname is gratis. Drawwers moet egter onthou om met hul maskers op te daag en aan te meld, maar kan sonder dié maskers hardloop. (Deur Garnett Wicomb)