TYRON-LEE ANDRIES van Langenhoven Gimnasium – Oudtshoorn Parkrun se baanrekordhouer – het Saterdag (21 Mei) se 287ste aanbieding van die pretloop met nog ’n skittertryd van 16 minute 27 sekondes gewen.
DW Botha (22:34) was tweede en Francois le Roux (27:57) derde uit die 29 deelnemers.
Tersia Willemse was met haar tyd van 28 minute 46 sekondes die vrouewenner.
Hierna het gevolg Annemarie le Roux (31:25), Henry Carstens (33:40), Lluwellyn Coetzee (34:44), Rowena Stanley (35:01), Peter Winspear (35:02), Edzard Grimbeek (35:37), Maurice Wicomb (36:16), Jacques Engelbrecht (37:24), Geraldine Grimbeek (37:48), Christelle Michaels (38:09), Hennie Viljoen (38)23), Pieter-Willem van Tonder (40:20), Gill Walsh (41:34), Irma Stevens (44:06), Jana-Mari Engelbrecht (45:36) en Garnett Wicomb (46:20). (Deur Garnett Wicomb)
Rekordhouer weer eerste by Parkrun
Tyron-Lee Andries. Foto: Garnett Wicomb