Die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF) werk reeds hard aan die reëlings vir vanjaar se Cango Wildlife Klein Karoo Sake-aflos.
Dit vind plaas op Donderdag 16 Oktober 2025 om 18:00 en is normaalweg teen 20:00 afgehandel.
Honderde deelnemers wat spanne van besighede, organisasies en skole verteenwoordig, neem elke jaar aan hierdie pretbyeenkoms in Baron van Reedestraat deel. Pryse word toegeken vir die mees kreatiewe kostuum.
Die aflos bestaan uit drie afdelings – stap, hardloop en ’n afdeling vir persone met gestremdhede. Die stap en spesiale-behoefte-spanne bestaan uit vier lede en die hardloopspanne uit ses lede.
Dit geskied op ’n aflosbasis en elke been is ongeveer 2 km vanaf Santa Fe Spur tot by Van der Rietstraat en terug.
Die inskrywingsgeld beloop R30 per persoon. Elke deelnemer wat die wedloop voltooi ontvang ’n medalje terwyl die wenspanne goue medaljes kry. Lekker Nikki gaan die deelnemers en skare aanspoor.
Inskrywings kan tot 13 Oktober aanlyn gedoen word of tot 10 Oktober per inskrywingsvorm wat beskikbaar is by Cango Wildlife Ranch, Oudtshoorn Courant en Santa Fe Spur.
Vir die laatslapers is daar ook nog tussen 16:00 en 17:00 by die wedren se beginpunt voor Spur, geleentheid om in te skryf.
Vir inligting en navrae kontak Corné Botha by 074 260 2871 of corné@jakhalsevents.co.za of Dave van der Walt by 082 773 4901 of davesusvdw@gmail.com.
Registreer betyds vir die jaarlikse Sake-aflos
