Neem deel aan gholfdag en 12-uur stap vir liefdadigheid

Daar is steeds plek beskikbaar vir stalletjies by die 12-uur uithouvermoë-stap wat op Saterdag, 20 September, op die De Jager-atletiekbaan aangebied word. Die dag begin om 09:00 en sluit af om 21:00.
Die stap word voorafgegaan deur ’n Burgemeesters- en Infanterieskool gholfdag op Vrydag, 19 September.

Die opbrengste van die twee geleenthede sal aangewend word ten bate van Ithemba Shelter for the Homeless, plaaslike kankerorganisasies en Pediatric Care Africa.

Die uitvoerende burgemeester, Johan Allers, en kolonel Tiisetso Sekgobela, bevelvoerder van die Infanterieskool, moedig individue, gesinne en spanne van tien of meer aan om aan die stap deel te neem. Deelname beloop slegs R100 per persoon, en spanne van tien of meer kry gratis ruimte om ’n tent op te slaan.

Daar is ook nog plek beskikbaar vir voedselstalletjies, en die publiek word uitgenooi om hierdie unieke gemeenskapsinisiatief te ondersteun. Vir bespreking van stalletjies, navrae of borgskappe, kontak gerus vir Demorian Appolis of Henrietta Pretorius by 044 203 3004, kapt. MD Ntantiso of kapt. B Mars by 044 203 4218.