

Pragtige Arabierperde word hierdie naweek by die Hartland Perd-uithourit in Kleynspoort, naby Rooiheuwel, Oudtshoorn verwag.
Hierdie is ’n splinternuwe baan waar perde Saterdag sal deelneem aan die 40 km en 80 km af-stand.
In nog uithouritnuus het lede van die Outeniqua Uithouritklub verlede week aan die SAIC (South African International Challenge) op Fauresmith in die Vrystaat deelgeneem.
Op Donderdag 1 Mei het Nico-Meyer le Roux met sy perd Areli Royal Reign die 80 km afstand gewen in ’n tyd van 03:36:41.
In die 100 km FEI kategorie het Mabet Cilliers en die perd Saruk Andy die afstand in ’n tyd van 05:52:48 voltooi en 2de plek behaal.
Op Saterdag 3 Mei 2025, was Lara le Roux en die perd Locheim Camino 7de in die 120 km liggewig ERASA kategorie en het die afstand in ’n tyd van 05:51:52 afgelê.
Mabet Cilliers en haar perd Saruk Snakebite het 10de in die 120 km FEI afstand geëindig in ’n tyd van 06:46:26.
Ruiters vanoor die hele land, sowel as Namibië asook Internasionale ruiters van Saoedi-Arabië het aan die Internasionale Perde-uithourit deelgeneem. (ANGELIQUE ERASMUS)