Oudtshoorn se Junior Tennisspelers het die afgelope naweek op George aan die Eden Grand Prix tennistoernooi op George deelgeneem. Beide Fourie Delport en Tameré Stewart het die afdelings waaraan hul deelgeneem het gewen.
Fourie het die o.14 seuns enkelspel afdeling gewen terwyl Tameré die o.18 dogters enkelspel- asook dubbelspeltitels verower het.
Wat beide se prestasies merkwaardig maak is die feit dat Fourie, Suid-Afrika se nommer 1 gekeurde speler verslaan het terwyl Tameré, wat hierdie jaar o.16 is die o.18 titels verower het.
Tennisspelers blink uit
Fourie Delport en Tamere Steward staan by hul tennisafrigter Pieter van der Walt, van Totally Tennis, nadat hulle hul medaljes ontvang het. Foto verskaf.