Die SA Meestersatletiek het vanaf Donderdag 1 Mei tot Saterdag 3 Mei op Oudtshoorn by die tartanbaan plaasgevind.
Atlete van regoor die land, asook Amerika, New Zeeland, Nigerië asook Namibië het hier kom deelneem aan baan- asook veld items.
Atlete neem in 5 jaar ouderdomsgroepe deel vanaf 35 tot 100.
Daar was vanjaar sowat 1 400 items inskrywings deur 400 atlete gewees en die koeler weer het beslis bygedra tot die sukses van hierdie byeenkoms.
Die oudste deelnemer was 87. Die 20 km dames stap in die ouderdomskategorie van 80 – 85 rekord is tydens die byeenkoms verbeter deur Gill Tregenna (83) met ’n tyd van 02:39:07.



