
OUKAS FLIGHTS, die span van ou Bridgton, het Sondag die Oudtshoorn munisipaliteit se 2023 Sportfees o.15 vlakkiekriekettoernooi gewen toe hy die span van Pro Stars in ’n spannende eindstryd met 3 paaltjies geklop het.
Die wenlopies is van die tweede laaste bal van die wedstryd aangeteken. Oukas Flights het die loot gewen en Pro Stars ingestuur om eerste te kolf.
Die span het in sy toegelate tien boulbeurte 47/8 aangeteken.
Oukas het met 48/7 geantwoord om as wenners uit die stryd te tree en die goue medaljes te ontvang. (Deur Garnett Wicomb)