Oudtshoorn rugbyklub kraai koning

Die Derby tussen Oudtshoorn Rugbyklub en Adias het verlede Saterdag op die REC sportgronde plaasgevind. Die eerste span van Oudtshoorn RFC het geseëvier met ’n telling van 18-16. Die man van die wedstryd-toekenning het gegaan aan die nr. 7 flank, Jean Van Rooyen en nr. 10, Ron van der Wetering. Die Tweede span se wentelling was 14-8. Jean Rossouw, nr. 7 en Elrich van Wyk, nr. 11 het die man van die wedstryd-toekenning vir die tweede span ontvang. Foto: Ebenezer Titus