Altesaam 67 drawwers en stappers het verlede Saterdag aangetree vir die 347ste Oudtshoorn Parkun met ’n besoeker, Aaron Chen, wat die vinnigste was met ’n tyd van 22 minute 11 sekondes.
Philip Hartman wat aan sy eerste parkrun deelgeneem het was tweede en die 14-jarige Zani Smith derde. Sy was ook die dag se vrouewenner.
Die voorste twintig deelnemers was Aaron Chen (22:11), Philip Hartman (22:49), Zani Smith (23:07), Jared Jordaan (24:22), Nina Cloete (25:25), Jacques Jacobs (25:30), Rachel Boshoff (25:39), Harry van Berber (25:44), Nico Ferreira (26:11), Rowland Dicks (26:38), Johann Coetzer (27:06), Rudolf Smith (27:46), Mathys Myburgh (28:49), Albertus Kennedy (29:08), Steven Dai (29:34), Nico Myburgh (29:57), Melanie Fourie (30:17), Nadia Olivier (30:34), Johann Marais (30:46), Sarica Swart (31:01) en Karen Styles (31:17).
Oudtshoorn Parkrun word elke Saterdagoggend by Surval Olyflandgoed aangebied. Deelname is gratis en almal is welkom. Wegspringtyd: 08:00. (Deur Garnett Wicomb)
67 by 347ste Oudtshoorn Parkrun
Die parkrun is vir jonk en oud. Op die foto bo is Bert Van Der Linde en sy dogter Remi. Foto: Garnett Wicomb