
Die Inheemse Spelespan. Foto: Verskaf
Die Inheemse Spelespan van Eden wat die afgelope naweek in Kuilsrivier aan vanjaar se Wes-Kaapse provinsiale inheemse speletoernooi deelgeneem het, het met ses medaljes algeheel derde geëindig.
Volgens Phillip Seroux, woordvoerder en spanleier, het die span goue medaljes in dibeke en diketo verwerf, silwer in drie stokkies en kgati en brons in morabaraba en jukskei.
“Ons kon ongelukkig nie enige medaljes in die kodes khoko, ncuwa en intonga inpalm nie, maar hoop vir die span om in 2024 beter in die drie kodes te vaar.”
Seroux het die span se puik vertoning as geskiedkundig beskryf.
Nie net vir die spelers nie, maar ook vir die streek in geheel.
Om alles te kroon is van die Eden deelnemers na die toernooi ook opgeneem in die Wes-Kaap span wat in September in Durban aan die nasionale inheemse speletoernooi gaan deelneem. (Deur Garnett Wicomb)