Ses fietse is Donderdagoggend deur Anroux Marais, minister van kultuursake en sport in die Wes-Kaap, aan Roydin Engelbrecht oorhandig by die Queen’s Hotel.
Hierdie inisiatief is gedryf deur bekende Oudtshoorniet, geskiedenis- en bewaringskenner, Hazel Jonker.
Jonker is ook deel van die bekende Vriende van die CP Nel Museum.
Die idee agter die fietse is dat besoekers aan die dorp hierdie fietse kan huur en dan saam met Engelbrecht aan ’n erfenistoer deelneem deur Oudtshoorn, waarin hy hulle van die dorp se geskiedenis en mooiste geskiedkundige geboue meer vertel.
Die fietse sal permanent by die Queen’s Hotel staan, vir gaste of inwoners wat belangstel om so ’n toer te onderneem.
Kontak vir Engelbrecht of die hotel vir meer inligting. (Deur Angelique Erasmus en Lindi Brill)
Fietse geskenk vir erfenistoere
Roydin Engelbrecht by twee van die fietse.
Foto: Lindi Brill