DIE heel eerste ‘Xmas in July’- ete is op 15 Julie by die St. Saviour Katedraal gehou. Margaret Melly, die hoof Sakristaan by die Katedraal, wou graag ’n sosiale byeenkoms aanbied en terselfdertyd fondse insamel vir die kerk.
Biskop Noel Rucastle het met die briljante idee vorendag gekom om ’n ‘Xmas in July’- ete te hou. Gasvrouens het elk ’n tafel gedek en ’n heerlike spyskaart is opgestel. Kaartjies is verkoop teen R150 vir volwassenes en R75 vir kinders. Ongeveer 126 gaste het in die feestlikheid kom deel. ’n Aangename verrassing het op die kinders gewag toe St. Nicholas, (waaruit ‘Santa Claus’ ontstaan het) vir die kinders geskenke uitgedeel het. “Hulle kon amper nie hulle oë glo nie, en was baie opgewonde”, het Anthea Taylor, een van die organiseerders, vertel.
Sy sê verder dat daar volgende jaar verseker weer so ’n geleentheid gehou gaan word en dat dit beslis nie net vir die kerk se gemeentelede is nie, maar dat enige iemand van die publiek welkom is. Die volgende geleentheid word beplan in November met die tema ‘Around The World’. (Deur Lindi Brill)
Heel eerste “Xmas in July” vir St. Saviour
Vr Wim, Biskop Noel, Vr Steven en Vr Peter van St Saviour Katedraal. Foto: Verskaf