Die Bergplaas MTB het Saterdag by Hoekwil vir hope aksie gesorg, met Oudtshoorniete wat goeie plekke behaal het. In die 70 km-afdeling het Yolande de Villiers (foto links) algeheel vierde geïndig en as die eerste vrou oor die eindstreep gery in ’n tyd van 3 ure 27 minute en 51 sekondes. Jackie Davidoff (foto ver links) was die vierde vrou oor die eindstreep en tweede in haar ouderdomsgroep (4:13:31). Teresa Bester was na Davidoff die vyfde vrou oor die eindstreep algeheel en eerste in haar ouderdomsgroep (4:36:10). In die 40 km- fietsren was Willem Botha algeheel vyfde (1:54:26). Jan Lamberts was tweede in die “Grand Master”-afdeling (2:37:52) en in die 30 km-afde-ling was Luhann van Wyk sesde algeheel en vyfde in sy ouderdomsgroep (1:51:32). Foto’s: Gerber Sports Photography