Struisies 1ste-rugbyspan tydens pettegeleentheid bekendgestel

Die Hoërskool Oudtshoorn, bekend as die Struisies, het Donderdagaand (13 April) tydens ’n intieme geleentheid met slegs die spelers, hul ouers en afrigtingspersoneel ’n sogenaamde pettegeleentheid vir hul eerste rugbyspan in die skool se saal gehou. Die span is agter van links Shane Draai, Keanu Ayford, Thomas Schäfer, Logan Jantjies, Neavon Jackson, Sinebongo Moyeni, Divan Rademeyer, Craig Blaauw en Naydon Jackson. Middel van links is Louwayne Wagenaar, Uviwe Masola, Andri Raal, Sachin Wagenaar, Ronaldo Prins, Kamvalethu Ndoda, Bruce Johannes, Denzey Plaatjies, Imiel Viljoen en Waylinn McDillon. Voor staan Delaud Baartman (links, kaptein) en Jeandré Jaftha (onderkaptein). Afwesig: Xavion Galant. Foto verskaf