Oudtshoorniete en hul perde maak naam

Lara le Roux van Oudtshoorn het by die ‘South African International Competition’ te Bela Bela Donderdag (6 Oktober) die 160 km liggewig-titel ingepalm op haar perd Koringkloof Enzahi in ’n tyd van 8 ure 22 minute teen ’n gemiddelde spoed van 19 km/h. Sy het Saterdag (8 Oktober) ook die 120 km liggewig-rit gewen, dié keer op die perd Welbech Jamal (regs). Nog ’n Oudts-hoorniet, Anso Nel, het eerste-plek in die standaardgewigrit op haar perd Azrek Waldo verower, en Ankhe Muller (17), het in die jong-kategorie elfde klaargemaak op die perd Waterlea Jive. Uit 227 perde wat weggespring het, het slegs 138 perde klaargemaak. Foto: Manie Ward Capturing Endurance