Afrigter van die Fish Eagles Swemklub en Freda Barnard Swemskool op Oudtshoorn, Delia van Biljon (middel, regs) is baie trots op haar swemmers wat almal uitstekend presteer het tydens die Wes-Kaapse Interdistrikte Junior Spankampioenskap wat op 22 April in George aangebied is. Hierdie byeenkoms val onder die ‘level 1’-kategorie met spanne van Eden Aquatics, Cape Town Aquatics, Sentraal Karoo, die Weskus, Overberg en Cape Winelands wat aan hierdie byeenkoms deelgeneem het. Agter is Daniel Anker (2 silwer medaljes, links) en Pienaar Muller (1 silwer). Voor van links is Nika Odendaal (1 silwer, 1 brons) en Nienke Boshoff (4 goud) wat die jongste deelnemer aan die gala was.Foto: Stefan Skapie Goosen