Gerhard van Jaarsveld het die eerste Vryheidsdag Parkrun wat verlede Donderdag deur Oudtshoorn Parkrun by Surval aangebied is, met ’n tyd van 20 minute 57 sekondes gewen. Kobus Marais was tweede en Reinard van Jaarsveld derde van die 59 deelnemers, waaronder talle besoekers.
Saterdag se 336ste Oudtshoorn Parkrun is gewen deur Francois Jooste met ’n tyd van 21 minute 46 sekondes met Alistair James tweede en Johann Coetzer in die derde plek.
Die voorste deelnemers in die twee parkruns was soos volg.
Parkrun 335:
Gerhard van Jaarsveld (20:57), Kobus Marais (21:08), Reinard van Jaarsveld (23:24), Zani Smith (23:27) Rudolf Smith (25:47), Lihan van Jaarsveld (25:51), Jan van Niekerk,(26:14), Johan Marais (26:53), Attie Fortuin (27:29), Steve Bruce (28:06), Albertus Kennedy (28:53), Alison Smith (29:29), Judith Davidse (29:51),Nadia Olivier (29:55) Jeanne Oosthuizen (30:09), Melanie Fourie (30:40), Sean Harris (31:30), Melanie Bezuidenhout (31:46), Carla Kroon (32:24) en Luke Stanger (32:26).
Parkrun 336:
Francois Jooste (21:46), Alistair James (25:13), Johann Coetzer (25:56), André du Toit (27:27), Chris Els (27:49), David Brand (27:56), Albertus Kennedy (28:20), Melanie Fourie (31:10), Delanie de Jong (32:33), Nico Myburgh (32:55), Ilze James (33:48), Lluwellyn Coetzee (34:53), Juane Brits (37:36), Jacques Engelbrecht (38:13), Ellenore Cronje (38:50), Leonie Stuurman (39:31), Delia Anna Niemand (40:27), Willie Kock (41:23) en Cornelia Olivier (41:50).
Van Jaarsveld wen Vryheidsdag Parkrun
Die wegsprong van Parkrun 335. Foto: Garnett Wicomb