Oudtshoorn Sportfees skop af met darts, sokker en dominoes

Die Oudtshoorn Veerpyltjie Assosiasie het die naweek ’n veerpyltjietoernooi by die Oudtshoorn Country Club in Parkweg aangebied. Die wenners van die verskillende afde-lings is van links Stephan Swanepoel (mans), Duncan Rabie (juniors) en Cecerah Toua (vroue). Foto verskaf

Saterdag en Sondag was op Dysselsdorp gekenmerk deur o.17-sokker van die hoogste gehalte. Spanne van Oudtshoorn, Dysselsdorp en De Rust het dit oor twee dae uitgespook om te bepaal wie die Oudtshoorn Local Football Association se o.17-kampioen sal wees. In die foto is Spring Roses wat met 3-0 teen AC Milan afgereken het in die finaal, as kampioen gekroon is en met R4 000 se prysgeld weggestap het. Foto verskaf

Dominoes-klubs van regoor die Groter Oudtshoorn het Saterdag op die dorp toegesak om met mekaar mee te ding. Links is van die dag se aksie. In die finale wedstryd, na ’n “sudden death”-spel tussen vier spanne om deur te dring, het die Vikings-span en Neppon-span een pot “sudden death” gespeel. Die Vikings het geseëvier! Foto verskaf