Die wedstryd tussen die Oudtshoorn-spanne van Harlequins Rugbyklub en die All Blacks Rugbyklub het Saterdag (24 Junie) gesorg dat nie net die pawiljoen van die Bridgton Sportgronde gepak was nie, maar ook dat elke plekkie rondom die veld volgestaan is deur hierdie klubs se ondersteuners. Hordes inwoners het toegekyk hoe die Harlequins die All Blacks net-net met 31 - 27 in ’n aksiebelaaide wedstryd geklop het. Hierdie foto’s is deur 15-jarige, kranige fotograaf, Keenyah Weyers geneem. Keenyah is die dogter van bekende Oudtshoorn sportfotograaf Ebenezer Titus. Sy vertel dat sy nog net ’n paar kere sportfoto’s geneem het, maar dat sy graag eendag haar pa se voetspore wil volg. Regs gooi ’n Harlequins-spelers homself meters die lug in met die bal in hand. Foto’s: Keenyah Weyers