Wedvlugduif-uitslae van afgelope weke

LEDE van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) het hul wedvlugseisoen oor die laaste drie naweke voortgesit met twee vlugte vanaf Victoria-Wes en een vanaf Drie Susters. Met Saterdag (24 Junie) se wedvlugte het lede hul duiwe op Victoria-Wes losgelaat, sowat 316 km vanaf Oudtshoorn via die N12.

Wedvlug 7-uitslae: Klein Karoo Lofts (KKL) – 1, 2, 3 en 4; Dirk Greeff Lofts (DGL) – 5, 13, 23, 25 en 28; Ockie Oli-vier@Abi (OO@A) – 6, 14 en 22; Night Drop Racers (NDR) – 7, 9, 15, 16, 17, 24 en 29; Thelma’s Loft (TL) – 8, 20 en 21; Hannes Smit (HS) – 10, 11 en 12; MJ Pienaar (MJP) – 18, 19 en 26; AMJ Lofts (AMJL) – 27 en 30.

Wedvlug 8-uitslae: NDR – 1, 6, 10, 11, 12, 13, 14, 23 en 28; AMJL – 2, 5, 17, 18, 25 en 26; OO@A – 3, 19 en 29; KKL – 4, 15, 20, 22 en 30; DGL – 7, 9, 16 en 21; MJP – 8; TL – 24 en 27.

Victoria-Wes, 17 Junie
Wedvlug 5 top 3-uitslae: Tydens hier-die wedvlug het een van NDR se duiwe eerste tuis geklok, een van KKL se duiwe tweede en een van MJP se duiwe derde. MJ Pienaar is tans die enigste junior in die groep en volgens Christo Senekal van die OPK gee hy die seniors gas.
Wedvlug 6 top 3-uitslae: KKL neem eerste en derde plekke met NDR in tweede.

Drie Susters, 10 Junie
Wedvlug 3 top 3-uitslae: KKL, DGL en NDR.
Wedvlug 4 top 3-uitslae: AMJL eerste en tweede gevolg deur KKL. (Deur Stefan Skapie Goosen)