Oudtshoorn-atlete op pad na SA’s in Pietermaritzburg

Van links is John Slabbert (100 en 200 m), Chad Campher (100 en 200 m), afrigter Fikile Blauw, Aiden Daniels (400 m) en Dwayne Kammies (100 en 200 m). Hierdie atlete, verbonde aan die FCA Atletieklub op Oudtshoorn en SWD Atletiek, is tans in Pietermaritzburg, Kwa-Zulu-Natal waar hulle aan die Atletiek Suid-Afrika Junior Kampioenskap deelneem. Volgens Blauw, ook die eienaar van die klub, is hierdie byeenkoms ’n gulde geleentheid vir sy atlete om te kwalifiseer vir die wêreldkampioenskap wat volgende jaar sal plaasvind, indien hulle goed presteer, en deel sal wees van die SA-span. Sy atlete het onlangs tydens die SWD atletiekkampioenskap gekwalifiseer vir die nasionale byeenkoms. Blauw voeg by dat minstens twee van sy atlete ’n goeie kans staan om vir die internasionale kompetisie te kwalifiseer.