Drie SA-titels vir Elmarie

Elmarie Lategan. Foto verskaf

ELMARIE LATEGAN van die Wesbank Tennisklub het by die afgelope SA Nasionale Tenniskampioenskap in Pretoria, drie titels ingepalm.

Lategan het hierdie merkwaardige prestasie vermag toe sy die enkelspeltitel gewen en saam met haar dubbelsmaats, Blyda Burger en Daan Spengler, ook die vroue- en gemengde dubbelspel in die 75+ ouderdomsgroep gewen het.

Lategan is tans die nommer 1-gekeurde vrou in haar ouderdomsgroep op Tennis SA se ranglys. (Deur Garnett Wicomb)