Nog ’n Parkrun vir William van Tonder

Bo: Flukse Parkrunners neem Saterdag aan die 320ste Parkrun deel. Foto’s: Garnett Wicomb

SOWAT 74 deelnemers het Saterdag aan die 320ste Parkrun by Surval net buite Oudtshoorn deelgeneem.

Die 17-jarige William van Tonder het Saterdag nog ’n Parkrun-sege agter sy naam geskryf toe hy die wedloop in ’n tyd van 17 minute 44 sekondes gewen het.

Yaron Venter (20:32) was tweede en die junior deelnemer, AJ van Tonder (23:40) in die derde plek.
Die vrouewenner, Corli-Maré Griffioen, was algeheel vyfde met ’n tyd van 26 minute 39 sekondes.
Die voorste 20 drawwers die afgelope Saterdag was: William van Tonder (17:44), Yaron Venter (20:32), AJ van Tonder (23:40), Johann Coetzer (24:38), Corli-Maré Griffioen (26:39), Fanie Olivier (27:02), Albertus Kennedy (27:32), Alida Geldenhuys (27:50), Petrus Geldenhuys (28:25), Attie Fortuin (28:28), Mona-Maré Griffioen (29:17), P.A. Geldenhuys (30:02), Ninke Griffioen (30:10), Nadia Olivier (30:17), Kari Micaela Griffioen (30:48), Gerhard Swart (32:38), Elton Le Roux (33:13), Kerneels Barnardo ( 33:20), Nicola Feldmann (33:42) en Henry Carstens (35:46). (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "Nog ’n Parkrun vir William van Tonder"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*