Munisipaliteit ondersteun sportsterre

Die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het Maandag (13 Junie) as deel van sportontwikkeling, tydens ’n spesiale geleentheid in die munisipale banketsaal, R280 000 vir sport en sportsterre op Oudtshoorn bewillig. Hier verskyn verteenwoordigers van byna elke sportkode op Oudtshoorn wat ondersteuning kan ontvang - gholf, sokker, rugby, krieket, veerpyltjies, netbal, rolbal, skopboks, atletiek, fietsry en karate - saam met munisipale amptenare en burgemeester Chad Louw (middel, met tjek). Die meerderheid sportsterre wat teenwoordig was is distriks-, provinsiale- of nasionale kampioene in hul eie reg, en die fondse sal onder meer aangewend word om hulle by te staan met die bywoning van provinsiale, nasionale of internasionale kompetisies of kampioenskappe. Foto: Stefan Skapie Goosen