Bekende gasspreker by Besigheidskamer gala-aand

Die Oudtshoorn Besigheidskamer bied sy jaarlikse gala-aand op Donderdag 5 November by De Opstal aan, met die bekende motiveringspreker en skrywer dr. Henning Gericke as gasspreker.

Gericke sal insigte oor veerkragtigheid, visie en sukses deel. Gaste kan ook uitsien na ’n driegangmaaltyd en die geleentheid om met mede-sakelui te kuier. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Kaartjies kos R450 per persoon, of ’n tafel vir tien kan teen R4 500 bespreek word.

Die geleentheid word deur Nedbank geborg. Plekke is beperk en vroeë bespreking word aanbeveel. Bespreek by business@odnchamber.co.za of skakel 044 272 6637.